Met 'n struikel vorentoe, verloor ek beheer oor my voete en val voorentoe - kliphard tref ek die grond! Alles word tjoep stil om my, niemand lag nie, nie staan nader om te vra is alles okay nie... Nee, almal staar net, of so voel dit, want self ek weet nie, my gesig is nog plat op die grond - lê en maak of ek bewusteloos daar lê. Gaan iemand my kom ophelp...
Ek hoor saggies stemme van agter, 'n paar loop nader... Wat lê daar, vra een nusskierig. Ek lig my kop op uit my eie bekommernis nou, wat van my het gebreek en afgeval, dat dit "daar" lê. Ek voel wel piekfyn, niks skort sover soos wat ek weet nie. Ek het geen seer, skawe of sny plekke aan my lyf nie, wel kyk almal my nog met sulke piering oë aan. Sê net iets! Dink ek! Wat kyk julle?
Ek lig myself stadig op, eina! Met die opstaan en ondersteuning van my hande sny ek hul alby, iets lê hier vlak by my, glaserig en stukkend. Dit lyk so onbekend, nog nooit van tevore gesien nie, maar wel herinner dit my aan iets. Dit moet 'n spieel wees, al wat ek nou aan dink is 'n spieel.
Wag! Dis ek! Ek? Ja dis ek wat myself gesny het! My masker het geval!
No comments:
Post a Comment