Tuesday, February 16, 2010

Scared of Flying???

Ek weet wat ek nou gaan sê is dalk baie verkeerd, maar sien tog die humor in dit in...

Ek klim vanaand op 'n vliegtuig en ek wonder by myself, oor die vlug wat in Atlantiese oseaan geval het (die pivots het gevries - Jun 2009), die een naby Indie (malfunction - Jun 2009), die klein vliegtuig ongelukkie by George (Des 2009) en dan sekerlik Lost, die TV series...

Sê nou my vliegtuig crash and wonder by all, I'm the only surviver. Laat my dink aan daai movie waar Bruce Willis in die trein ongeluk is en niks oorkom nie. Hulle scoop my op en ek word 'n huishoudelike naam oornag! Ek kry 'n eksklusiewe onderhoud met Sarie, verkoop beter as toe Amor op die cover was in Nov. Ek kry my eie book deal, ek gaan teken ook boeke by Cresta en Menlyn en sit vir Joost ore aan met 'n signing. Huisgenoot neem my op hul vlerke en maak front page news. Beeld vergeet van Jurie Els en ek is die gossip.

Ek kry my eie talkshow, na ek obviously op Oprah was en ook op Dr Phil, hoe verwag jy hoe geskok moet ek wees. Van die kamera action, nie die crash nie! lol

Vergeet om te sê Madiba gaan nog vir my die week na die tyd in die hospitaal kom kuier, het my kleintoontjie gebreuk toe ek van die boot afgeklim het wat my gered het uit die see uit. Malema bekeer homself na Zuma hom by gehad het, Malema het 'n week na die ongeluk gesê dis rasisties dat ek die enigste wit persoon is wat oorleef het, min weet hul, ek het twee van die lugwaardinne wat oorleef het, Tembi en Pretty op 'n eiland versteek, niemand steel my limelight!

En beste van als, ek gaan commercials op TV soveel beter maak.

My first commercial will be a Durex Condom one:

Imagine ek hou kondoom vas en sê: "Use one, you may not be as lucky as I am"